Vampire Weekend – Modern Vampires of the City: A 43 minute long bipolar episode

Rating: 8/10

Vampire Weekend’s critically acclaimed third studio album Modern Vampires of the City is one of the best American products of 2013. However it can best be described as a 43 minute long rock/pop bipolar episode: where the highs are manically high and the lows depressingly low. Either way you will be singing and/ or swaying along to the repetitive, catchy hooks and well-timed, diverse beats.

The speed of the four-piece’s music might vary, yet beautiful vocals and saintly harmonies singing wicked lyrics is a constant and found in all 12 songs.

This is an album worth buying, as it is not enough to occasionally hear the album’s hit singles Diane Young and Step whilst listening to the radio.

The album bears the title of Best Alternative music Album at the 56th Annual Grammy Awards.

Advertisements

Vampire Weekend – Modern Vampires of the City: Do judge it by its eerie beautiful cover

Rating: 8/10

One of the most recognised metaphorical phrases dictates that we should not judge a book by its cover. Yet, one can be literal and argue that Vampire Weekend’s third studio album Modern Vampires of the City is not a book. Also, because of the close link between the cover art and the content of the 12 songs, we can get away with anticipating the content even before we have pressed play.

A 1966 photo by Neal Boenzi is used, which (according to sources) illustrates the “smoggiest day in New York history, in which the air-pollution killed at least 169 people”. So too this rock album deals with themes of death and despair, yet both the picture and album is eerily beautiful.

Most of the songs have a great hook, after a couple of listens you will definitely be singing along to the catchy phrases. I can only imagine how many choirs and other groups will attempt to imitate the phenomenal harmonies during competition season this year.

Not once whilst listening to the 43 minutes of the album could I make use of my imaginary stripper pole (which is often the case when listening to Hip Hop and R&B). I did however get quite the workout with my one-man-band. Because not only will you be singing along, but the album’s diverse beats will have you playing air guitar, -violin, -drums and piano.

This album puts one on an emotional rollercoaster and because it is not pure rock and also contains some pop features, a more varied crowd has a ticket to access this turbulent ride. Please relax diehard fans, Vampire Weekend will never supply us with bubble-gum-pop (touch wood), yet somehow they have successfully married alternative rock, with definite poppy elements.   

This is a testament of their growth; they have metamorphosed musically and are sporting a more mature and adaptable vibe.  This album is a far cry from what we are used to from the four-piece band, but it is a move in the right direction.

“I just ignored all the tales of a past life” the boys sing on Step (a very successful single and number three on the album). Though one should consider the following fact about their past that will give you that extra nudge to invest in this work of art: Various sources confirm that Modern Vampires of The City debuted at the top of the US Billboard 200, making it Vampire Weekend’s second consecutive number-one studio album. What’s more, the album was dubbed the Best Alternative Music album at the 56th Annual Grammy Awards. 

Liefde wen!

 “Mamma, wensbeentjies en gebed werk nie”, sê ’n mismoedige sesjarige Iske pront-uit, “want ek wens en bid heeltyd dat ek ’n perd wil word, maar dit gebeur nie”, verduidelik sy begriploos.

Haar ma, Izbeth, dink toe vinnig op haar voete en antwoord liefdevol: “Dit is omdat ek bid dat ek steeds ’n dogtertjie het”. Kort daarna word die parmantige, jong Iske vir perderylesse gestuur, sodat sy tog sou aanhou om te bid en in die krag van hoop sou glo.

Iske dink anders. Iske sien dinge anders as gewone mense (sy is mos ’n superhero, maar ons kom later daar). Haar naam is anders en interessant.

God dank sy was maar ’n skamele 2.4kg by geboorte, anders sou haar pa nie geuiter het nie dat dat die tradisionele naam, “Elizabeth Catherina”, te lank en te gewigtig is vir so ’n klein baba.

Kan jy jou nou ’n Elizabeth Catherina met ’n stukkie pienk gekleurde hare voorstel? Boonop vertel sy nog heel ernstig vir jong kinders dat hierdie onnatuurlike gekleurde bossie (wat common op enigiemand anders sou lyk)’n bewyse van haar bonatuurlike magte is. Wanneer hulle huiwer om haar te glo sê sy, “Dit is dalk beter so, want dan is die kanse kleiner dat haar identiteit deur baddies ontmasker sal word.”

Haar superpowers sou nooit wees om “kleinighede” te onthou of om blitsvinng skoon te maak nie, alhoewel sy soms “skoonmaak giere twee-uur in die oggend kry”. Sy is bietjie “verstrooid, maar op ’n oulike manier” se een van haar woonstelmaats.

Iske is die een wat sal vergeet om die geezer af te sit en versuim om elektrisiteit op haar beurt te koop. Sy sal ’n bad tap, 30 minute later daarvan onthou, en teen daardie tyd  is die water al koud en is daar geen warm water vir die res van die huis nie.

“Ek dink nie haar bed was al ooit opgemaak nie”, skerts haar woonstelmaat, Renette. “Sy vlieg altyd by die huis uit, maar terselfdertyd verlaat sy nooit die huis voordat sy nie haar  Bybel gelees het nie.”

Trotse ma’s en woonstelmaats met te veel tyd op hul hande, praat maklik oor geliefdes, maar dit weet ons.

Tog, as jy nou wil hê iemand moet deeglik oor hulself praat, veral iemand so beskeie soos Iske, sluit hulle toe in ’n tweedehandse blou Jetta vir ’n uur of so. Enige kar of beknopte spasie sal seker doen, maar daars iets spesiaals aan Iske se “scruffy” erfporsie, wat vanaf 2010 duisende kilometers gery het.

Ons gesprek begin en einde by God. Hoe gepas, want Hy is haar Alfa en Omega. Hierdie dame, wat soveel passie vir God het, woon nie kerk by nie. “Te veel keer is kerklike mense en hulle kulture gross en skynheilig. Dit is asof hulle die heeltyd probeer om vir God se genade te werk”, verduidelik sy.  

“Hulle doen al hierdie goed net sodat hulle hulself op die skouer kan pat”. Sy illustreer dit deur vyf keer hoër en sagter as normaal te praat en kap dan speels teen haar skouer en sê: “Hoor hier, jy doen nou wat God wil hê jy moet doen”.

“As ek ’n kerk kon stig sou dit wees met mense wat regtig lief is vir God. Mense wat hulself kan wees en nie op Sondae verander nie. Ons kan op Woensdae vergader en wyn op die gras gaan drink. En die wat nie wyn wil drink nie. hoef nie wyn te drink nie.”  

Sy is nie skaam om te sê dat sy die heeltyd haar geloof heroorweeg. Maar al twywel sy hoe baie is daar iets binne haar, wat sy nie heeltemaal kan beskryf nie.

In graad-8 was dinge “rosy en airy fairy”, dit was maklik om God te prys. Net die jaar daarna sterf haar pa. “Toe maak niks meer sin nie en toe is God nou nie meer so wonderlik nie”. Vir ’n oomblik is dit nie meer ‘n twenty-something dame wat voor my sit nie, maar ’n weerlose tiener-Iske wat na my staar. 

Dan ruk sy haar haarself reg en vertel hoe God nuwe hoop in haar hart gesit het. “Ek het agtergekom hoe my pa se liefde my lewe verander het. Toe hy gelewe het, en na die tyd ook. Amper asof hy nog hier is omdat hy my so liefgehad het”. “Verstaaan jy?”, lag-huil-vra sy.

Iske steel nie. Om Modern Family op minder-wettige maniere te download is die uitsondering tot die reël. Sonder om te huiwer sê sy dat Modern Family so “awesome en realistis” is. Hierdie reeks beeld onder andere verskeie ontradisionele gesinstrukture uit. Daar is ’n pouse toe ek vra wat sy van homoseksuele verhoudings dink. “Ek weet nie”, sug sy. Dit is dudelik dat sy vir die eerste keer in ons gesprek verdeeld is.

Sy dink byt haar lip en dink so bietjie. “Ek dink dis in elk geval stupid om iemand anders te hanteer. Of ek nou dink dit is reg of verkeerd, want ek doen elke dag iets verkeerd”.  

“So jy dink hulle doen verkeerd?”, is my opvolgvraag natuurlik.

“Ek dink ek doen”, sê sy, “want dit staan so in die Bybel”.

Hierdie kragtige stelling word vinnig gevolg deur, “maar dan wil ek ook nie myself assosieer met hoe mense in godsdienstige kringe homoseksualiteit hanteer nie”.

Haar onsekerheid is maar van korte duur. Sy verduidelik hoe aan die einde van die dag alles maar net gaan oor onvoorwaardelike liefde.

Sy het my nooit vertel wat haar gunsteling Bybelvers is nie, maar ek raai sommer dit is 1 Korinthiers 13: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”.

Beauty Queen

Punt: 4/5

Moenie 90 minute van beeldskone, slanke dames, wat met hul peperduur spykerhakke op mekaar se perfek gepedikuurde voete trap, vir ’n goedkoop kroon verwag  nie.

Eerder illustreer Martin McDonald se Beauty Queen die verhouding tussen moeder en kind. Nie die geromantiseerde weergawe wat al so holrug gery is nie, maar die  donker, disfunksionele verwantskap wat tussen ma en dogter kan ontstaan.

Hugo Taljaard het hierdie Ierse stuk puik vertaal/verwerk en sodoende verpak vir ’n tipiese Afrikaanse gehoor.

Maureen is ’n ongelukkige en eensame 40-jarige, wat voltyds na haar bejaarde ma, wat nie net  manipulerend is nie, maar ook aan hipikondria ly, moet kyk. Hulle lewenswyse is ietwat geïsoleerd, een van die faktore wat tot die ontwikkeling van ’n ongesonde, mede-afhanklike, masochistiese verhouding lei.

Later stel iemand tog belang in die oujongnooi, maar die ma doen alles in haar vermoë om die verhouding stop te sit. Die ma se aksies het fatale nagevolge.

Met Marga van Rooy (beter bekend as Worsie van Vetkoekpaleis se ma), Hanli Rolfes (Binneland se Sonja), Duncan Johnson (Egoli faam) en Denver Vraagom (Erfsondes), wat Anelisa Phewa (Sifiso in 7de Laan) vervang het.

Hierdie vier sepiesterre het hulle goed van hul taak op die verhoog gekwyt. Al die rolle is geloofwaardig uitgevoer. Tog moet daar spesiale erkenning gegee word aan Marga van Rooy, wat haar karakter so oortuigend uitbeeld dat die gehoor se gevoelens teenoor haar wissel tussen liefe en haat, binne sekondes.

Verder is daar niks spesiaal omtrent Hoërskool Stellenbosch se skoolsaal nie, waar die vertoning afgespeel het nie. Maar die verhoog is in ’n geloofwaardige oudtydse kombuis verander. Tussen deur die spel hoor mens duidelik hoe die ketel kook, of hoe die water by die kraan uitloop. Al die klein detail kleur die storie in.  

Die ouderdomsbeperking van 10 moet egter verhoog word. Die geweld en sekstonele is te eksplisiet vir kinders onder 13.

Dit is werklik die kyk werd. Jy sal vaniut jou maag lag en dan skielik jou oë met jou hande bedek, maar soos ’n stout kind deur jou vingers loer, want al wil jy, sal nie jou oë van die verhoog kan hou nie.

Indien jy Beauty Queen by hierdie jaar se Woordfees gemis het, kan jy steeds vanaf 29 Maart tot 1 April dit by hierdie jaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) sein.

 

Self-hating Jew: Let the wall fall!

Stellenbosch- Yesterday Miko Peled, an Israeli peace activist, commented on the Palestine-Israeli issue, claiming that “they can live together tomorrow, as long as the wall falls”.

Peled was addressing the Faculty of Theology’s packed chapel, as part of Israel Apartheid Week, an international campaign. The self-proclaimed “self-hating Jew” branded peace talks aimed at resolving the Palestine-Israeli issue as utter “nonsense”.

Peled explained that peace talks merely serve as a “diversion”. In addition, after 20 years of unsuccessful peace-talks, people are in “despair”. He continued by saying that one can only start solving the Palestine-Israeli problem, when one starts to criticise Israel and fight for democracy and equal rights.

Peled spoke openly of how the Palestine-Israeli issue became really personal: His niece was killed in a 1997 suicide attack. The crowed gasped in disbelief when he says the child’s mother, his sister, blamed the Israeli government for the young girl’s death, though the Palestinians were responsible for the bombing. Her argument, he says, is that “what does one expect when people are oppressed?”   

To truly understand the issue at hand, Paled states one should be aware that there are two histories that are “diametrically opposed”: a Palestinian view and an Israeli view. The truth, however, is that Israeli Zionism is racist and colonialist. Zionism can thus not be equated to Judaism. 

Another truth, he says, is that the two-state-solution is no longer viable, as the West Bank has been destroyed. Yet Peled remains hopeful and maintains that “there’s a lot we can do”, as the situation is not “complicated” or “unique”.

Peled suggests that the way forward is to replace the Zionist regime with democracy. He maintains that “change is inevitable” and the level of Palestinian oppression is “not sustainable”. Yet, “the missing ingredient is the laws”.

Breyten Breytenbach, critically acclaimed Afrikaans poet and anti-Apartheid activist, opened for Peled. He said we should be wary of comparing acts of gross human violations with one another, i.e. Apartheid and the Palestine-Israeli saga.

Yet, because of South-Africa’s own history of “systematic oppression” it is our “moral responsibility” to aid the plight of the Palestinians. Moreover, Breytenbach said that he will not apologise for his “one-sided” stance on this matter.

However, Ben Levitas, one of the more vocal exasperated, the red-faced attendees, said that he disagreed with “almost everything” Peled said. He believes that Zionism is the “liberation movement of the Jewish” and “it is not racist”.

Moreover, Levitas, with folded arms and crossed legs, stated that “Jews have been living in Israel for 3500 years”, it is thus inaccurate calling them colonists. He maintains that Israel is a “free” and “democratic” state. 

Volschenk se ‘Elke dogter het ’n ma’: fiktief tog funksioneel

Die Afrika-waarde van Ubuntu behels dat ons slegs mens is deur ander mense. Dit maak dus sin dat ’n selfondekkingsreis nie een van isolasie is nie, maar dat dit eerder in nabye kontak (en konflik) met ander plaasvind. Madeleine Volschenk se debuut-roman, Elke dogter het ’n ma, illustreer suksesvol so ’n rit.

Daar is al wyd en syd oor die effek van afskuwelike geskiedkundige gebeure, soos Apartheid en die Holocaust, geskryf. Tog, omdat Volschenk haar aandag op die fiktiewe, eksentrieke Verster familie fokus, is hierdie aanslag verfrissend.

Destyds het Apartheidswetgewing dit onmoontlik gemaak dat gemengde paartjies soos Jaap en Mona in Suid- Afrika kon woon en trou. Hulle het toe hul families agter gelaat en na Italië geïmmigreer. Dit is hier waar hulle hul gay seun, Janse, grootgemaak het. Alhoewel Suid-Afrika vir talle hel was, was dit ook ’n veilige hawe vir Nederlandse Jode, soos vir die tweelingsusters Els en Gep, teen die Nazis se vervolging van die Jode. Laasgenoemde maak later Suid-Afrika haar tuiste, maar Els keer terug Nederland toe.

Intussen is dit Oktober 2007. Bibi Verster se lewe hang in skerwe: sy het haar verlowing verbreek, haar studies vir die tweede maal gestaak, haar hare kort geknip en swart gekleur, en nou gaan sy sak en pak Europa toe om verlangse familie (Janse, haar ouma se broerskind en Els, haar oumagrootjie se suster) te gaan opspoor. Hieroor is haar Suid-Afrikanse familie skepties, tog soos in vele ander families, is hulle te bang om haar besluit te bevraagteken.

Bibi se besluit om Suid-Afrika te verlaat dien in haar en haar familie se lewens as die katalisator vir verandering. Volschenk vertel nie net die leser van hierdie veranderinge nie, maar deur haar puik gebruik van beskrywende woorde en kleur is mens deel van Bibi se tog.

Verder is dit duidelik dat Volschenk haar huiswerk gedoen het om hierdie fiktiewe roman geloofwaardig te laat klink. Geskiedkundige datums in die roman stem ooreen met feite, en die gesprekke tussen Bibi en Els wat deels in Nederlands gevoer word, klink oortuigend.

‘Elke dogter het ’n ma’ fokus op ’n familie met ’n ryke geskiedenis. Om voort te gaan moet elk van hulle op een of ander manier tog hulself losmaak van die verlede. Lewe, dood, aanvaarding en sibbe wat slegs deur enkeles gesien kan word is van die ander sub-temas wat in die roman aangespreek word. Hierdie boek word sterk aanbeveel vir lesers wat in meer as net die wit en swart belangstel.

  • Die skrywer Madeleine Volschenk se ‘Elke dogter het ’n ma’ was tweede in die seksie vir debuutwerk in NB uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd van 2012.