Koebaai met koerante!

Al hoe meer Stellenbosch-studente vermy koerante en verkies om eerder inligting op virtuele platforms te kry.

Toe ʼn groep studente gevra is hoe hulle die eerste keer van groot nuusstories gehoor het, het daar verskillende antwoorde opgekom. Vir talle is die nuus op Twitter, Facebook en radio gebreek. Tog het nie een van die studente die nuus vir die eerste keer in die koerant gelees nie.

Ulrich Hurbert (22), ʼn B.Com – student voel dat die nuus in koerante “ou nuus” is.

“Koerante is groot, hulle lees ongemaklik en dan is daar ook nog die moontlikheid van ink op jou vingers”, verduidelik Annill Seale (20), ʼn regsstudent. Daarom koop hy nooit koerante nie.

Shannon Veldsman (20), ’n onderwysstudent sê weer dat koerante te duur is. Sy sê dat daar veel beter goed is om met mens se geld te koop.

“Hoekom koerante koop as jy al die nuus op die internet kan kry?”, se-vra Annika Pienaar (18), ʼn Somatologie-student.

Haar vriendin en medestudent, Elmarie Schoonwinkel (18), knik instemmend saam.
“Ons het nie altyd tyd om koerant te lees nie”, voer ʼn besige Caroline Hosking (21), ʼn B-Rek student, aan.

Andrew Schwabe (21), ʼn Geesteswetenskap-student sê dat dit moeite is om in hierdie “era van die internet” ʼn koerant op te tel. Tog maak hy dit duidelik dat net omdat hy en ander studente nie tradisionele koerante koop en lees nie, beteken dit nie dat studente nie ingelig is nie.

Schwabe bly op hoogte van sake deur die aanlyn nuuswebtuistes CNN en SkyNews te besoek.

Terwyl ander studente weer baie tyd op Twitter, Facebook en YouTube spandeer.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s