Afrikaans: my moeder se taal, my moedertaal

Pennetjie. Wasgoedpennetjie. Dit is my gunsteling Afrikaanse woord. Danksy hierdie eenvoudige voorwerp, ʼn spesifieke een van hout om presies te wees, is ander woorde soos bobotie en braaivleis en idiome soos ‘die doodskleed het geen sakke nie’en ‘dit nie breed het nie’, deel van my steeds groeiende Afrikaanse woordeskat.

Jy sien toe ek jonger was, seker so drie of vier jaar oud, wou my ma my baie graag Engels aanleer en Afrikaans ietwat in die proses laat verleer. Ek “help” haar toe een somersdag met die wasgoed. Met uitgestrekte hande vra sy toe “please pass me the… the…” Alles behalwe “peg” kom toe uit haar mond uit. In daardie oomblik verander sy toe vinnig haar deuntjie en vra haar deurmekaar pikkie vir ’n pennetjie. Engelse lessie vergete.

Afrikaans is my moeder se taal, my moedertaal is Afrikaans. Ek dink, droom, dans en raak beduiweld in Afikaans.

Ek stem dus saam met meneer FW de Klerk, wanneer hy se dat taal meer as net ’n medium van kommunikasie is, maar dat dit ook ’n kardinale deel van ons menslike identiteit, kultuur en innerlike wese vorm. Afrikaans moet beskerm en bewaar word. Ek glo ook, soos hy, dat die voordele van moedertaal onderrig nie oorbeklemtoon kan word nie.

In ’n ideale Suid-Afrika sou opvoeding, ook tersiêre opvoeding, in al elf amptelike tale beskikbaar wees. Hier sou universiteite met Engels, Afrikaans, Ndebele, Sotho, Noord-Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe handboeke en dosente toegerus wees. Hierdie proses is duur en onprakties en daarom egter glad nie die geval nie.

In realiteit vind tersiêre opvoeding tans hoofsaaklik in Engels en Afikaans plaas. Om in Suid-Afrika opvoeding in jou moedertaal onderrig te ontvang is dus ʼn voorreg en nie ʼn reg nie. ʼn Voorreg waarby sleg ʼn sekere gedeelte van die populasie baat vind.

Engels as tersiêre onderrig taal maak sin, maar nie Afrikaans nie.

Ja Afrikaans word derde meeste in ons land gepraat. Meneer de Klerk het in 2012 aangevoer dat byna 7 miljoen Suid-Afrikaanse burgers se eerste taal Afrikaans is. Hy voeg by dat dit ʼn inklusiewe taal is (ongeveer 200 000 swart mense lys Afrikaans as hul eerste taal). Meneer De Klerk verwerp dus ook die idee van Afrikaans as die taal van die onderdrukker. Die einde van Apartheid was immers aangekondig in Afrikaans, sê mense graag.

Die feit bly staan dat swart leerders selde in hul moedertaal tersiêre opvoeding ontvang en moet dikwels in hul tweede of selfs derde taal onderrig word.

Afrikaners aan die ander hand kan kies en keur tussen die Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van Pretoria, Universiteit van Potchefstroom en die universiteit van die Vrystaat.

Hierdie leerders word dan aan die einde van die dag verwag om met mekaar te kompeteer, alhoewel die speelveld duidelik ongelyk is. Verskille in prestasie vermoë, word dan as natuurlik beskou en nie sistematiese ongelykheid nie

Engels behoort deur die bank as taal van opvoeding in Suid-Afrika te wees.

Transformasie is nie maklik nie. Ware transformasie kos opoffering.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s